• Company Profile
  • Macadamia Story
  • Nutritional Info
  • Macadamia Oil
  • FAQ
  • Gallery
  • Contact Royal Macadamia

Your Monthly Recipe

Visit our website frequently for your delicious Macadamia recipe.

lamb

Rum & sjokoladegâteau

Bestanddele
60 ml (1/4 k)(50 g) suiker
45 ml (3 e) water
30 ml (2 e) rum
100 g donker sjokolade
100 g botter
190 ml (100 g) versiersuiker
4 eiergele
18 sponsvingers (boudoir biscuits)
sjokoladekrulle of gerasperde sjokolade
gekapte ongesoute makadamianeute

STROOP:
Los die suiker oor lae hitte in die water op en laat prut 5 min.
Verminder die hitte en voeg die rum by.

SJOKOLADESOUS:
Smelt die sjokolade in 'n mengbak oor kokende water.
Room die botter met die gesifte versiersuiker en klop die eiergele een vir een by die mengsel in.
Meng nou die gesmelte sjokolade hierby in.

Verdeel die sponsvingers in drie hopies van ses elk.
Doop die vingers in die warm stroop en laat die stroop so bietjie intrek.
Pak 'n netjiese ry van ses beskuitjies op 'n opdienbord en smeer 'n laag van die sjokolademengsel bo-oor. Bedek met 'n tweede laag (gestroopde) beskuitjies en nog n laag gesmeerde sjokolade. Sit 'n laaste laag beskuitjies bo-op en bedek met oorblywende stroop.

Versprei die res van die sjokolademengsel oor die beskuitjies en versier met die sjokoladekrulle (of gerasperde sjokolade) en makadamianeute. Verkoel oornag. Sny die "koek" in dun snye en bedien met room.

Individuele porsies vertoon ook baie dramaties.

Bedien 6



Previous Recipes

Bavarian Macadamia Cream Pie

Crumbed Macadamia Chicken Cordon Bleu

Gebraaide Brie met Neutekors

Trout with Macadamia and Orange crust

Botterskorsie & Makadamiasop





                                                                                                
HOME| COMPANY PROFILE| MACADAMIA STORY | NUTRITIONAL INFO | MACADAMIA OIL | FAQ | GALLERY | CONTACT US




Copyright ©2012 Royal Macadamia (Pty) Ltd. All rights reserved.
Designed & Developed by Nico Grobler Studio | www.nicogrobler.co.za