Company Profile
Macadamia Story
Nutritional Info
Macadamia Oil
FAQ
Gallery
Contact Royal Macadamia
Visit our website frequently for your delicious Macadamia recipe.
Botterskorsie & Macadamiasop
Bestanddele
15ml (1 eetlepel) macadamia olie
125ml (½ koppie) grofgekapte macadamianeute, (65g)
1 klein wit ui, in skywe gesny
5ml (1 teelepel) gerasperde vars gemmer
750ml (3 koppies) geskilde botterskorsie, in stukke gesny
1 appel, geskil, ontkern en in blokkies gesny
750ml (3 koppies) hoenderaftreksel
joghurt of mascarponekaas en geroosterde neute vir opdiening
Verhit die olie in 'n dikboomkastrol en voeg macadamianeute, uie en gemmer by.
Soteer 3 minute tot goudbruin. Voeg die botterskorsie en appel by en kook 2 - 3 minute.
Voeg die aftreksel by, sit die deksel op en kook 20 minute oor 'n lae hitte tot die skorsie sag is.
Meng in 'n voedselverwerker tot glad en romerig.
Bedien met 'n bietjie joghurt of mascarponekaas en neute.